Sjoe, weereens baie dankie vir ‘n ongelooflike dag - alles was perfek. Dankie vir jul geduld met al die geheen en weer emailery, en vir jul vinnige antwoorde.  Dit was ‘n absolute fees om met jul te kommunikeer! En op die dag…….Dankie dat jul so in beheer was van alles.  Die kos was amazing – mense praat nou nog daarvan!  Die diens was ook ongelooflik – ek dink nie iemand kan sê dat hulle ooit ‘n leë glas voor hulle gehad het nie!!  Ek weet regtig nie hoe om genoeg dankie te sê vir die Le Bac span nie!  Julle is GREAT!  As ek weer moes trou, sou ek dit definitief weer by Le Bac gedoen het! Groete Hennie & Linde-Lou