Ons Droom Troue by Le Bac   Die dag toe ek en Jayson by Le Bac instap het ons geweet dat dit die plek is waar ons ons grootste dag wou vier! Ons het toe reeds 'n ander plek in gedagte gehad maar het dadelik van plan verander en by Le Bac bespreek.   Die Le Bac span was van die begin af profesioneel en het ons in diepte ingelig oor ons opsies en ons bygestaan in ons besluitnemingsproses. Almal het dinge ongeloogflik vergemaklik in my 'lang-afstand' beplannery. Daar was nooit enige rede tot kommer nie, want dit waarvan ek vergeet he,t het hul onthou!   Op die dag van ons troue was elke ding op sy plek, georganiseer, betyds, profesioneel en die personeel op hul plek en reg om vir ons 'n onvergeetlike dag te skep. Hulle diens was onvergelykbaar met enige iets wat ek al ooit beleef het.   Die Venue as geheel is asemrowend en het gesorg vir 'n wonderlike atmosfeer en het die mooiste foto's opgelewer. Ons gaste was dit eens - die perffekte venue vir 'n droomtroue!   Daar is werklik niks wat ek van die dag sou verander nie en ek kan met alle eerlikheid en dankbaarheid se dat ek ons ons droomtroue gehad het.   Baie dankie almal by Le Bac!  Janine & Jayson